DRIE kenners het Donderdag by Klein Karoo Saadproduksie (KKSP) se Galadag teenwoordiges heelwat stof tot nadenke gegee, terwyl David Malan, KKSP se bestu rende direkteur, ’n algemene
oorsig oor KKSP gegee het. Die beste saadkwe – kers van 2012/2013 ook by die dag aangewys.

Mike Allsopp van ARC op Stellenbosch het oor heuningbye en bestuiwing gepraat, ’n aktuele onderwerp in die lig van verliese wat saadprodusente verlede jaar gely het toe heuningbye nie in November die uieblomme wou bestuif nie. Isaac Moshego van Nedbank het ’n baie interessante praatjie oor die ekonomie gelewer (Currency Forecast and Factors Influencing the Rand) terwyl prof Ferdi Meyer van die Universiteit van Pretoria gepraat het oor die onderwerp, SA Agriculture towards 2030: Making the Case for Intervention. Albei het gewys op die belangrikheid van landbou binne die ekonomie en dat die landbou se rol as werkverskaffer en om dinamika aan die ekonomie te verleen, nie onderskat moet word nie. Lees meer