Eqstra belowe om besoekers aan Nampo Oes Dag nie teleur te stel nie

Eqstra Holdings Beperk, ‘n geintegreerde verhurings- en kapitale bate toerusting invoerder en verspreider, wat gelys is op die Johannesburgse Beurs,gaan besoekers aan die 2012 Nampo Oes Dag in vervoering hê met hul landbou-, industriële- en konstruksie toerusting wat op uitstalling gaan wees.

Eqstra Holdings Beperk bied dienste vir die passasier en kommersiële vervoer-, industriële en konstruksie-, en myn industrieë aan, en met 27 jaar se ondervinding, kan jy seker wees dat Eqstra Holdings Beperk weet wat hulle doen!

Eqstra Landbou Toerusting (Eqstra Agricultural Equipment) is die vertroude naam vir betroubaarheid, presisie, moderne tegnologie en effektiwiteit in die landbou toerusting bedryf, en is die alleen-verspreider van Deutz-Fahr trekkers in sub-Sahara Afrika.

Eqstra Landbou Toerusting sal ‘n reeks trekkers op uitstalling hê, waaronder Deutz-Fahr se nuwe TTV die grootste trekpleister sal wees. Daar is opwindende nuwe trekkers in hierdie reeks wat jy nie sal wil mis nie!

Verder kan besoekers hulle ook verlustig aan Toyota Forklift vurkhysers, Hawker batterye, ABAC kompressors en SMV vurkhysers wat ook op uitstalling sal wees.

Om seker te maak dat jy die beste in landbou toerusting het, en weet wat nuut is in landbou toerusting, besoek ons stalletjies 207 en 216!